Anglo-Amerikaanse Oorlog van 1812 | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Die Anglo-Amerikaanse Oorlog van 1812 | |||||||
| |||||||
Strydende partye | |||||||
Verenigde State van Amerika Choctaw Cherokee |
Britse Ryk
Shawnee | ||||||
Bevelvoerders | |||||||
James Madison Henry Dearborn Jacob Brown Winfield Scott Andrew Jackson William Henry Harrison William Hull |
Robert Jenkinson George Prévost Isaac Brock (†) Roger Hale Sheaffe Gordon Drummond Robert Ross (†) Edward Pakenham (†) Charles de Salaberry Tecumseh (†) | ||||||
Sterkte | |||||||
1812: 7 000 soldate 1815: 35 800 soldate 3 049 rangers 458 463 milisie 6 fregatte 14 ander skepe |
1812: 5 200 soldate 1815: 48 160 soldate 10 000 rangers 4 000 milisie 11 slagskepe 34 fregatte 52 ander skepe | ||||||
Ongevalle | |||||||
Totaal: 15 000 2 260 dood 4 505 gewond |
Totaal: 3 321 1 600 dood 3 679 gewond |
Die Anglo-Amerikaanse Oorlog van 1812 of Tweede Amerikaanse Onafhanklikheidsoorlog (Engels: War of 1812) was 'n gewapende stryd tussen die Verenigde State van Amerika en die Britse Ryk, wat met die oorlogsverklaring van die VSA op 18 Junie 1812 begin en met die Verdrag van Ghent op 18 Februarie 1815 geëindig het.
Die hoofoorsaak van die oorlog het gespruit uit die VSA se begeerte om neutraal te staan ten opsigte van die Verenigde Koninkryk se konflik met Frankryk onder Napoléon Bonaparte. Brittanje wou hierdie reg nie erken nie en het 'n handelsboikot teen die VSA ingestel om veral sy handel met Frankryk in die wiele te ry. Ander bydraende faktore was die Britte se militêre steun aan Indiaanse stamme wat die uitbreiding van die Amerikaanse staat in die Noordweste teengestaan het.
In Kanada word die oorlog beskou as 'n suksesvolle verweer teen die anneksie deur die VSA, wat tot 'n groei van die nasionale bewussyn en die gevoel van gemeenskap in die Britse en Franse bevolking gelei het. In teenstelling daarvan beskou die VSA die oorlog as 'n verdediging van sy onafhanklikheid en 'n verweer teen 'n nuwe verowering deur die voormalige koloniale mag Groot-Brittanje. Die oorlog was ook die laaste een, waarin die inheemse bevolking 'n belangrike rol gespeel het.
Tydens die oorlog het die Britte daarin geslaag om die Withuis aan die brand te steek.